Duane gee die beste raad aan paartjies, veral bruidegomme wat op trou staan. Lees Duane se raad en neem dit in.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons ouers is al lank familie vriende. Janita was die mooiste mens wat ek nog ooit gesien het en toe die tyd reg was, het ek haar gevra om my meisie te wees.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons is vir ‘n naweek na Sycamore Avenue in die Midlands Meander toe, waar ons in ‘n boomhuis gebly het. Ek het die heeldag met die ring in my broeksak rondgeloop, want ek was bang dat Janita op hom afkom voor my groot plan ontvou het. Ek het die eienaars lank voor die tyd laat weet wat my planne was en hulle het tydens aandete stilletjies weggeglip om roosblare, kerse en sjampanje in die boomhuis te gaan sit. Na ete het ek Janita opgelei na ons huisie toe en toe sy die deur oopmaak het ek op my knie gegaan…
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was amper sewe jaar saam toe ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Neem als in op jul troudag. Dit is ongelooflik hoe vinnig die dag verby gaan en ‘n mens kort die geleentheid om as buitestander te kyk na hoe pragtig die dag verloop. Fokus op die klein dinge, hoe jou nuwe vrou ruik tydens julle eerste dans, haar gesig wanneer sy by die kerk instap en hoe jou hande bewe wanneer jy haar ring aansit. Dít is die tipe detail wat mens wil onthou vir die res van jou lewe.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ginger Ale Photography
- Venue: Die Akker Country Venue, Pretoria
- Trourok: Catherine’s Collection
- Bruidegom se pak: Trenery
- Blomme: Blossom Florist
- Hare en grimering: Melissa Minne Bridal
- Strooimeisies se rokke: Bridezilla
- Decor: Nici’s Hiring + Die Akker