Cilliers en Nadia het mekaar by die werk ontmoet, maar eers drie jaar later dit eksklusief gemaak. Cilliers het vir Nadia gevra om te trou in ‘n ou gunsteling tyds bedryf vir die paartjie. Hul beveel aan om grense te stoot wanneer jul die groot dag beplan, lees meer oor die paartjie en kyk hoe ‘n self doen troue lyk.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het einde 2005 ontmoet toe ons by dieselfde restaurant begin werk het. Ons was baie jonk toe ons begin ogies maak vir mekaar. Drie jaar lank het ons in die bondel gevry tot ons op 9 Oktober 2009 besluit het om die gevryery eksklusief te maak!
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was ‘n ongelooflike mooi somersdag in Augustus 2013. Heeltemal ongehoord. Cilliers het so rondom middagete vir my gevra of ek op Kogelbaai wil gaan vuur maak, wyn drink en die sonsondergang gaan kyk – ‘n ou gunsteling van ons. Daar op die strand het hy vir my gevra. Dit was asemrowend. So gemaklik, so natuurlik, so ons. Wat hierdie dag nog meer spesiaal gemaak het is dat ‘n meisie op die strand die storie so gekyk het en besef het hier is iets aan die gebeur. Terwyl die gebeure afspeel het sy ‘n paar skelm kiekies geneem wat ek die res van my lewe sal koester.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 4 jaar en 10 maande saam voor ons getrou het. Van die 4 jaar en 10 maande was ons vir 11 maande verloof.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Doen met die troue net wat julle wil! Almal is al uitgekuier aan tradisionele troues. Mense geniet iets anders. Dis verfrissend!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Trourok: GELIEFT – Bruid & Prêt-a-Porter
- Grimering en hare: Maritza Olivier: Make-up artist & Hair Stylist
- Koeke: Baked with love, The Velvet Cake Co
- Fotograaf: Tabitha Mee (Illuminate Photography)
- Fotograaf se assistent: Danieka Erasmus (Picturist Photography)
- Blomme, ruikers, dekor, houtbordjies: Cilliers en Nadia Neethling (DIY-troue)
- Bruidegom se bussie: Die Vroetelbus
- Kapel: Montpellier, Tulbagh
- Onthaal: Roodezand Opstal