Borie en Lize het mekaar in hul matriek vakansie in Jeffreysbaai ontmoet. Lize moes bo al die ander meisies uitstaan om Borrie se oog te vang, maar het dit reg gekry. Lize het in Bloemfontein studeer en Borie in Potchefstroom. Dus was afstand โn kwessie. Hul het vir 5 jaar โn lang afstand verhouding gehad en was weer met โn vakansie, diรฉ keer in Victoriabaai. Soos doodgewone paartjies het hul stry gekry en Borie het vir Lize gesรช hy wil nie meer haar kรชrel wees nie.
Lees meer hieronder oor hoe die twee tot trou gekom het.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons albei was in 2007 na Jeffreysbaai vir die gebruiklike matriek vakansie. Ek het pas uit โn ernstige verhouding gekom. Albei van ons wou net โn goeie tyd saam vriende geniet. Ons het โn gemeenskaplike vriend gehad wat toe al sy pรชlle van Marlow na die โPlayboy Mansionโ genooi het. Toe ek die eerste keer vir Borie gesien het, het ek geweet daar iets anders is aan hom. Hy, aan die anderkant, het nie veel belangstelling getoon nie, omrede daar soveel ander meisies was om van te kies.
Ons almal het die aand toe by Jolly Dolphine spandeer en daar het ek my kans waargeneem om Borie in te katrol. Ek en Borie het daai hele aand gesels en mekaar beter leer ken. Ons eerste jaar op universiteit het ons besluit om nie in โn verhouding te wees nie, maar op Nuwejaar 2008 het hy my uitgevra.
Wanneer en hoe het julle verloof geraak?
Desember 2013 het albei ons gesinne die dag by Victoriabaai spandeer. Dit was so โn lekker dag saam met ons families. Ons het toe begin baklei op pad huis toe en hy het toe gesรช ons moet na โMap of Africaโ gaan om dit uit te sorteer. Ons het bo-op die berg gesit met die ongelooflikste uitsig. Terwyl ons baklei het Borrie gesรช hy sien nie meer kans vir dit nie, en toe het hy op sy knie gegaan en gesรช, โEk sien nie meer kans om net jou kรชrel te wees nie, maar wil graag jou man wees.โ Ek was so oorweldig ek kon nie โn woord uitkry nie. Dit was โn ongelooflike emosionele dag vir ons, maar so spesiaal! Toe ons by die huis kom, het die familie vonkelwyn gereed gehad om die groot oomblik saam ons te vier.
Advies vir ander paartjies:
Voor ons troue het almal vir ons gesรช julle moet net onthou om โn oomblik te sit en die dag in oรซnskou te neem. Vir ons was dit so โn ongelooflike ervaring want ons familie het vanaf die Woensdag kom help om ons troudag spesiaal te maak. Ek sou sรช ons dag was vir ons so ongelooflik omdat ons dit saam met vriende en familie spandeer het. Dit is waaroor jou troudag gaan: om โn belofte aan jou man, voor God en ons familie en vriende te maak dat ons mekaar sal liefhรช.
Die dekor, programme ensovoorts is alles โn bysaak. Betaal eerder vir โn goeie fotograaf en videograaf want hulle is die mense wat jou dag gaan opneem. Dit is al wat jy oor het nรก die tyd. Ons is sรณ bly dat ons โn video ook gehad het, want dit is ongelooflik om nรก die tyd daarna te kyk. Dan besef jy eers hoeveel jy gemis het, omdat jy so oorweldig is op die huweliksdag.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf en Videograaf: Pink Flower Productions
- Venue: Onder die Akker
- Rok: Lubelloโs | Koek en gaste geskenke: Tanie Andrea
- Dekor: is alles self gemaak deur bruid, bruidegom, bruid se ma en suster