Vandag se storie wys vir ons dat mens altyd geduldig moet wees, want as iets moet gebeur, sal dit gebeur wanneer die tyd reg is. Lees meer oor Albert en Marietjie se troue in die wynland hier onder.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het albei Regte aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Daar was altyd ‘n vonk gewees, maar ons tydsberekening was net nooit reg nie. Dis eers na universiteit wat ons mekaar weer raak geloop het en ‘n verhouding begin het.
Vertel ons meer van jul verlowing?
Ons het Julie 2014 verloof geraak. Albert het my ‘n Maandag na werk gebel en gevra of ek lus is om iets te gaan eet, niksvermoedend het ek ingestem. Ons is toe na ‘n wynplaas vir aandete, waar die kelner die verassing amper bederf het deur die sjampanje te vroeg te bring (Albert kon gelukkig die situasie red). Toe hy egter ‘n boek uithaal waarin hy “ons storie” vasgevang het, het ek egter agterdogtig begin raak en baie vinnig begin blaai. Aan die einde was daar ‘n gat uit die boek gesny met my verloofring in – Hy het op sy knie gegaan en ek het ‘Ja’ gesê.
Wanneer het julle getrou:
Ons troue was 12 April 2014
Beskryf jul troue in jul eie woorde:
Ons troue was ons droom troue, alles was perfek. ‘n Groot feesviering in ‘n skuur op ‘n plaas.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wrensch Lombard
- Hare en Grimering: Minke du Plessi
- Skryfbehoeftes: Zanike Gerber
- Blomme: Moondrops
- Venue: Rondekuil
- Rok: Maggie Sottero