Ons kyk vandag bietjie na Nikita en Warren se oulike verlowingsfotosessie wat hulle gehad het in ʼn pragtige woud omgewing naby Tafelberg. Nikita moes Warren op n bewolkte Saterdagoggend 08:00 in die dorp ontmoet vir hulle oggend stappie. Sy het totaal verslaap. Na sy Warren laat weet het, ontmoet hulle toe eers 09:00 en na ʼn uur se stap stop hulle vir koffie.
Warren kry toe ʼn oproep van ʼn kliënt wat verduidelik dat daar ʼn noodgeval by sy werk is en Warren probeer (sonder sukses) om daaruit te kom. Aangekom by die gebou sê die kliënt hulle moet net gou wag vir die argitek, maar hy wys solank vir hulle die pragtige daktuin. Die kliënt verdwyn en Warren wys toe vir Nikita al die restaurante en plekke uit wat hulle voorheen besoek het.
Die volgende oomblik draai hulle om en Warren sak op sy knie neer. ʼn Groot banier waarop staan “Nikita sal jy met my trou?” sak van die gebou langsaan af en Warren vra DIE vraag met die mooiste ring wat sy nog ooit gesien het. Sy was verstom! Nikita se ouers het daarna by hulle aangesluit met sjampanje. Daarna het hulle ʼn feestelike middagete gaan eet. Wat ʼn verrassing! Dankie Christine Le Roux vir die pragtige foto’s.
Verstel ons bietjie meer van hoe julle ontmoet het:
Snaaks genoeg kan nie een van hulle onthou nie! Ons was al ‘n hele rukkie vriende en was deel van ‘n groep vriende. Warren wou uitvind of Nikita ‘n ogie op iemand het, maar sy het vinnig gesê sy wil vir eers alleen wees en nog eers reis voor sy betrokke wil raak in ‘n verhouding. ‘n Paar maande later het die vriende groep uitmekaargespat en hulle het mekaar vir 6 maande lank nie gesien nie. Met die Knysna-halfmarathon het hulle mekaar weer raakgeloop en Nikita het begin besef watter oulike ou Warren is. Hulle het as vriende begin saam kuier.
Nadat hulle al hoe meer begin sms, praat en uitgaan het, het hulle besef dat iets spesiaals aan die gebeur is. Warren het Nikita genooi vir tuisgemaakte hamburgers. Hy het kitaar gespeel en gesing en daarna is die koeël deur die kerk vir Nikita. Warren het Nikita genooi vir ‘n “gig” en van daardie aand af is hulle saam.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Christine Le Roux