Die manier hoe Ernest vir Jenine gevra het om sy vrou te raak was beslis spontaan en kreatief. Hul het toe ook ‘n vreeslike mooi strand troue saam beplan. Lees bietjie meer oor die twee se verlowing en troudag hier onder.
Beskryf jul troue in tien woorde:
Sag, ware liefde met die teenwoordigheid van God se Genade!
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het gaan kamp saam met vriende vir ‘n paar dae oor nuwejaar 2013-2014 by Silwerstrand Kampterrein in Robertson.
Oujaarsaand het die Kaapse Klopse die kampterrein kom vermaak met hul liefde vir musiek. Die hele kampterrein se mense het in ‘n sirkel rondom hulle gestaan. Ek het gesien my kêrel gons die hele tyd met sy vriend. Ek het gevra wat aangaan en hy het verduidelik dat hy vir hulle ‘n geldjie wil gee. Ek het by my vriendinne gaan staan en die volgende oomblik het Ernest in die middel, terwyl die Kaapse Klopse musiek maak, gaan staan en my geroep. Ek kon nie verstaan wat aangaan en gedink die man mal. Die volgende oomblik toe gaan hy op sy kniee en toe weet ek dit is nou so! Hy het die mooiste speech gese terwyl die Kaapse Klopse vir ons saggies speel Stand by me. Hy het my gevra om sy vrou te wees en ek het natuurlik gese JA!
Ek kon nie ophou na my ring kyk nie en die hele kampterrein het my toe geken:) Alles was so spesiaal!
Wat het jou troudag so spesiaal gemaak?
Ek wou baie graag ons troue self reël, van dekor uitkies tot saal opmaak en opruim. Dit was verseker nie altyd maklik nie maar dit was beslis die moeite werd. Ek het baie gestres, maar die oomblik toe ek my oe op my man rig het God ‘n soort kalmte oor my gebring. Van daai oomblik af kon ek nie ophou glimlag nie. Wat vir my die meeste beteken het van my hele troue was toe my man vir my natuurlik se hoe pragtig ek lyk maar die belangrikste toe hy se nou verstaan hy hoekom ek so gestres het, alles lyk so mooi, daar is soveel detail op alles! Hy waardeer alles so baie. Dit het die wêreld vir my beteken.
Advies wat julle kan gee aan paartjies is:
Neem saam besluite, julle word een!….ja julle mag dalk koppe stamp oor ‘n paar goedjies, maar die eindproduk gaan dit als die moeite werd maak. Ondersteun mekaar, waardeer mekaar! Plaas alles in God se hande…jy’t dalk klomp planne…maar God se planne is baie groter as wat jy ooit kon ding en alles gebeur volgens Sy wil vir ‘n rede! Geniet elke oomblik wat saam op julle pad geplaas word!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: BE Photography
- Venue en Spyseniering: Sea Trader
- Dekor: Jack & Jill
- Bruidshempie: Bakgat ontwerp
- Hout produkte: Creative Love
- Blomme: Bunches for Africa
- Waaiers, vuurhoutjie boksies, sjokoladewrappers, ens. : Droomontwerpe
- Ruikers en Blomme: Mood Flowers