Cathleen Loots deel met ons haar Middag Tee gestileerde fotosessie. ‘n Moderne met ‘n tikkie oud wêreld. Geniet die foto’s en word geïnspireer.
Toe die Pantone kleure vir 2015 bekendgestel is, het ek dadelik geweet wat my volgende gestileerde fotosessie moet behels aangesien ek nou al ‘n rukkie ‘n Middag Tee sessie wou doen. Ek was as kind absoluut versot was op die Glenshiel Hotel en dit was die perfekte plek vir hierdie idee om volmaak te word.
Glenshiel Hotel
Die uitsig van dié hotel in Magoebaskloof is briljant en met ‘n vier ster gradering is dit ‘n droom wegbreek vir enige iemand uit die stad.
Grimering en Hare
Die grimering en hare wou ons gesofistikeerd hou en Angelique van Angelique Make Up and Hair het haar goed van haar taak gekwyt.
Ons wou die tafel eenvoudig hou en het met die kos en gaste geskenkies by die tema gehou deur die gaste geskenkies fudge en gesoute karamel lekkers te maak, dit het by die kleure van die tafel gepas.
Marble tegniek
As ek moet terug dink aan die “high tea” partytjies wat ek bygewoon het saam met my ouma, dink ek aan marble koek. Hier het ons dit ‘n bietjie van ‘n ander draai gegee. Ons die marbling tegniek vir ons uitnodigings gebruik en Colleen van Lieflingkind Designs het ons baie beïndruk met haar ontwerpe.
Die Koek
Die koek was ‘n karamel rolkoek versier met bloubessies en ligte versiersuiker. Vir die tee self, het ons botterbroodjies en Engelse plaatkoekies met handgemaak te marmelade bedien.
Rokke en blomme
Die rokke en die blomme was ons hoof fokus punt. Die rokke is verskaf deur Erika Mengouchi en sy het selfs ‘n grys sluier gemaak om te pas by ons grys trourok.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nyx Photography
- Grafiese ontwerper: Lieflingkind Design
- Grimering en Hare: Angelique Make up and Hair
- Rokke: Mengouchi Haute Couture
- Plek: Glenshiel Hotel
- Stillering: Cathleen Loots
- Modelle: Tiane Stroh en Essie Badenhorst