Melissa van Pretty in Stains gee ons lesers bietjie raad wanneer dit kom by die tradisies vir jou troudag, sy help jou dus om seker te maak jy kom alles op die lysie na deur ‘n paar wenke te gee.
Hier is Melissa se advies: Jy het maande se fyn beplanning ingesit om seker te maak jou groot dag is perfek – niks kan verkeerd gaan nie. As ‘n troukoördineerder, het ek paar algemene wenke bymekaar gestel vir jou troudag.
Kry Genoeg Slaap
Die opwindenheid van jou troudag mag dit moeilik maak vir jou om af te skakel, maar probeer so vroeg as moontlik in die bed kom. Jy moet vars opstaan en nie met pofferige oë nie.
Voldoende Gereed Maak Tyd
Maak seker jy het tyd om ontbyt te eet – jy gaan jou energie nodig hê. Maak seker dat jy tyd toelaat om rustig saam met jou bruidsmeisies julle grimering en hare saam te doen.
Trou Skoene
Baie belangrik! Indien jy nuwe skoene gekoop het vir jou troudag, maak seker hulle word vooraf ingetrap. Hou ook ‘n paar plat skoene naby vir later die aand.
“Shake it Off”
Jy maak gereed om af te loop by die paadjie en daar is flinders in jou maag! “Shake it Off” – doen ‘n vinnige paar strek oefenige en maak seker jy haal asem (nie te diep sodat jy duislig word nie).
Troukoördineerder
Dalk dink jy dis ‘n onnodige uitgawe, maar om selfs net ‘n op-die-dag koördineerder aan te stel, gaan jou stresvlakke verminder. Jou kooördineerder hardloop met die opstel van die seremonie, onthaal, probleme, verskaffers, program, jou seremonie meester en luister na die gaste se vrae. Sy/hy is die persoon wat seker maak elke liewe ding gebeur op sy tyd en hou daarby. As jou program agter is, het jy minder tyd vir feesviering!
Positiewe Houding
Hierdie wenk is die belangrikste – ‘n positiewe houding kan jou dag maak of breek. As die blommerangskikkings bietjie anders is, of jou hare het té veel krul, moet jy vir jouself vra, “Gaan ek dat dit my dag bederf, of gaan ek mooi vir my verskaffer vra om dit reg te maak?” Dit neem my na die volgende wenk.
Vriendelikheid Teenoor Diensverskaffers
Soms dink ek bruide (en selfs hul gevolg) onderskat hoe effektief ‘n vriendelike en kalm benadering kan wees. As iets nie is soos dit in jou kop was nie, vra jou diensverskaffer om dit reg te stel. Dit is nooit lekker as iemand net begin skel nie. Andersins kan jy terug gaan na my vorige punt hierbo.
Trou Oorlewings-Pakkie
Maak vir jou so ‘n pakkie op wat items insluit soos pleisters, reukverdrywer en ander items, soos vlekverwyderbare lappies, naald en wit gare en enige iets wat ‘n noodgeval sal kan regmaak. Slim wenk – kry vir jou strooitjies. Drink jou water en koeldrank hiermee sodat jy nie jou lippe opmors nie.
Alkohol
Ek sê nie dat jy niks moet drink nie, maar onthou; matigheid voor oë. Jy wil jou aand kan onthou die volgende dag. Jy wil ook nie op Facebook gaan en foto’s sien van jouself wat dronk in jou trourok staan nie. Dit gebeur, jy gaan so besig wees dat jy eintlik vergeet om te eet deur die loop van die dag so sal teen aandete eers behoorlik eet. Ons almal weet hoe reageer ‘n leë maag en alkohol. Wenk: Drink ‘n glas water tussen jou alkoholiese drankies.
Maak Seker Jy Dans
Jy gaan nie weer die aand kan terugkry nie, so voordat jy spyt is – klim op die dansvloer vier jou troudag!
Onthou Waaroor Die Dag Gaan
Onthou dat jy met die liefde van jou lewe trou. Dit is die begin van ‘n nuwe era vir julle. Neem in elke oomblik en glimlag!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Krediet:
[endsection]