Peter en Nicole het mekaar deur die kerk ontmoet. Een van Peter se vriende het hulle aan mekaar voorgestel, maar dit was eers na sowat vyf maande wat die twee begin vriende raak het en toe later begin uitgaan het. Op die aand van hulle ontmoeting het Peter vir sy vriende vertel dat hulle vir mekaar bedoel is en hy eendag met haar sal trou. Ná twee jaar saam is hulle nou besig om hulle troue te beplan. Hulle het verloof geraak op 22 Augustus 2014, twee dae na Nicole se verjaardag. Die paartjie se droom troue is ‘n om almal wat hulle lief het bymekaar te hê en om lekker te ontspan en net hulle tyd te geniet. Vandag deel ons die paartjie se mooi en baie pret stedelike fotosessie wat hulle met die talentvolle fotograaf, Gustav Klotz Photographygehad het.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Gustav Klotz Photography