Ons is geëerd om Denise en Nicholis Louw se troue op Mooi Troues te kan deel. Dit is ‘n regte sprokiesverhaal troue wat by die pragtige Cussonia Crest plaasgevind het. Denise vertel dat Ds Willem Petzer, Nicholas se beste vriend, hulle getrou het en dat Denise se beste vriendin, Sarisha ‘n heildronk ingestel het. Die paartjie se troudag was gevul met liefde, vriende en familie van ver het bymekaar gekom.
Raad vir ander paartjies:
Jou trou dag gaan oor ʼn verbond wat jy en jou maat sluit met God. Moenie vergeet waaroor die huwelik eintlik gaan nie. Tussen voltyds werk, deeltyds swot en ʼn troue reël het ek geleer dit is aanvaarbaar om vir hulp te vra. Laat jou aanstaande jou help met die reëlings – Mans is nie so nutteloos met troue reël soos wat ons dink nie. My man het vreeslik baie gehelp en hy was my steunpilaar deur die hele proses.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Koördineerder: Rene Klynhans
- Hare en Grimering: Adele van Niekerk
- Venue: Cussonia Crest
- Koek: Marius Bester
- Drapering: Softlight Décor
- Troukar: Royal Rides
- Rok en Pak: Dennis Lloyd