Lee en Lynette was met vakansie in Italië. Hulle het op 29 September 2014 hulle 1 jaar herdenking gevier in Venisië. Die paartjie het die hele dag die stad verken opsoek na die perfekte leer handsak vir Lynette. Lee het genoem dat dit mooi sou wees as hulle teen sonsondergang by Piazza San Marco kon wees. Hulle was selfs gelukkig genoeg om ‘n oop hawehoof te kry om die Grand Canal te waardeer.
Lee het vir Lynette gevra om om te draai vir ‘n foto. Wat sy toe sien is Lee op sy knie met ‘n ring! Dit is een van die mooiste en mees romantiese stories wat ons al gehoor. Dit maak dit net nog meer romanties omdat dit in Italië was tydens hulle vakansie. Dankie Snaps2frame vir die pragtige foto’s.
Hoe het julle ontmoet?
Lee werk vir ‘n bemarkingsagentskap in die kleinhandelbedryf, en ek is ‘n produk bestuurder in die farmaseutiese industrie. Ek moes hom instruksies gee vir ‘n advertensie veldtog, ek het hom nog nooit van tevore ontmoet nie. Hy moes blykbaar van die instruksies gehou het, want na die afspraak het hy vir sy kollegas gesê: “ek gaan met haar trou!”. Ek het dit eers ‘n jaar later uitgevind, maar na ‘n hele paar koppies koffie en honderde kuiertjies was hy toe reg!
Wat is julle droom troue?
Ons droom troue is een waar ons werklik kan “deel” in die troue as ‘n fees, nie ‘n perfekte voorafbeplande strategie wat net voor jou afspeel nie. Als moet spontaan, opreg en in die oomblik gebeur in ons eie en unieke manier. Ons hoop vir ‘n dag waar vriende en familie wat vir ons lief is, dit saam met ons kan geniet! ‘n Dag waar die Hemelse Vader, alles perfek in Sy hande hou, want sonder Hom sou niks moontlik gewees het nie.