Junior en Marzanne het op oujaarsaand 2013 in Strandfontein verloof geraak, waar hulle voorheen ontmoet het. Marzanne was besig om kos te maak toe Junior haar vra of hulle nie ʼn drankie op die duine kan gaan drink nie. Junior het op die einste duine op sy knie gegaan en vir Marzanne gevra om te trou.
Toe hulle by die huis kom was al hulle familie van die Kaap daar spesiaal om die gebeurtenis saam met hulle te vier. Junior en Marzanne het ʼn prentjiemooi troue gehad wat Moira West afgeneem het. Die paartjie het wit, groen en ligte pienk as die primêre kleure van hulle dekor gekies. Die kleur balans is pragtig en dit is wonderlik om die gelukkigheid op die paartjie, hulle familie en gaste se gesigte te sien.
Wat het julle troudag so spesiaal gemaak?
Die hele dag was een groot spesiale oomblik gewees. Al die boodskappe, oproepe en gelukwensings het my net weereens laat besef hoe baie mense vir my en Junior omgee. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het is dat ek die eerste kleinkind was om te trou aan beide kante van my ouers se families. Uit ʼn groot vriendekring was ons ook die eerste paartjie wat die knoop deurgehak het. ʼn Derde, en baie spesiale, oomblik was toe my pa ʼn verrassings-video in die kerk gespeel het om te sê hoe trots hulle as ouers is op my en Junior.
Advies vir ander paartjies:
Probeer om nie die dag van die troue te stres nie. Geniet net ELKE oomblik! Die dag is te spesiaal om jouself te bekommer oor klein goedjies.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Moira West
- Kerk: NG Kerk, Riebeek-Wes
- Venue: Groenrivier
- Spyseniering: Malita Joubert Spyseniering
- Videograaf: Desert Rose Productions
- Platejoggie: DJ Arries
- Blomme, dekor en die reëlings: Eureka Onthale
- Skryfbehoeftes: Lezanne’s Designs en Pretty in Stains
- Trourok: Elizabeth Stockenstrom
- Juwele: Hayley Goodrich