Angela en Dylan het by die pragtige Morgansvlei in Tulbagh getrou. Die paartjie se verlowingstorie is selfs interessant. Dylan het vir Angela leidrade gegee van โn geheim. Sy was toe oortuig dat hy vir haar nog โn oulike hondjie gaan kry. Hulle het toe op haar verjaardag haar geheim gaan haal. Hulle het op Chapmans Peak gaan stilhou en hy het gesรช sy kan haar geskenk halfpad oop maak.
Dylan het Angela gevra om haar oรซ toe te maak en toe sy dit oopmaak staan hy op sy knie met die ring in die hand. Albei het uitgebars in trane van geluk en Angela het natuurlik โjaโ gesรช.
Die talentvolle Claire Thomson het hulle spesiale dag afgeneem. Die bruidspaar se troukoek het vir ons besonders baie uitgestaan, dit is minimalisties en baie elegant. Die gebruik van wit en goud op troukoeke is weereens โn groot tendens in 2015 en ons sien dit in verskeie vorms. Geniet die paartjie se troue.
Wat het julle troue ekstra spesiaal gemaak?
Die mense! Die kos was fantasties en die venue was perfek. Die weer was perfek, maar op die einde van die dag het alles neergekom op die gaste wat gekom het. Ons gaste het van reg oor die land gekom om ons spesiale dag te vier. Om al ons vriende en familie se uitdrukkings, gevoelens en liefde teenoor ons te sien was die beste.
Raad vir ander paartjies:
Dit gaan so vinnig verby en op die aand is jy so emosioneel, gelukkig, besig en opgewonde dat dit regtig voel of alles in โn oogwink verby is. Geniet elke liewe sekonde en kry โn videograaf en โn fotograaf. Ons is mal daaroor om ons trou video te kyk, ons kan elke oomblik weer herleef en sien dinge wat ons op die dag gemis het.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Claire Thomson
- Videograaf: Jonty
- Dekor: Design by Marcel
- Venue: Morgansvlei Tulbagh
- Spyseniering: Pauline
- Rok: Enzoani