Die inspirasie agter hierdie gestileerde trou inspirasie het gekom van die begeerte om plaaslike talent in die trou-industrie te vier. Die idee was om vir kliënte te wys, dat deur gebruik te maak van plaaslike talent vir ‘n troue, dit beide stylvol en goed vir die omgewing kan wees.
Dit was belangrik om buite die boks te dink en ‘n paar diensverskaffers binne ‘n 50km radius van Helderberg plaas bymekaar te kry. Só was kostes laag gehou asook die koolstof voetspoor te verminder. Die meerderheid van die dekor kon maklik geplant word in ‘n tuis geskepte groentetuin. Die idee was om die oes te versamel en aan gaste te gee as ‘n geskenk. Gaste kon die geskenk geniet en daarna op die kompos hoop gooi. Alle items wat gebruik is, is herwinbare.
Hierdie pragtige en unieke fotosessie is ‘n inspirasie vir bruide wat iets buiten die gewone soek vir hul spesiale dag.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Angelique Smith
- Koek: Pink Sugar Weddings & Cakes
- Bruid bykomstighede en juweliersware: Anomali Moniek
- Rok: Hendrik Vermeulen
- Groente dekor en ruikers: Paradiso Marida
- Agter die skerms foto’s: Samantha Clifton Photography
- Vintage Eddison ligte: Hoi P’Loy
- Hare & Grimering: Skoonlief
- Beplanning: Creation Events
- Bier: League of Beers
- Venue: Helderberg Plaas
- Vroulike model: Mishka Patel
- Manlike model: Kyle Krige