Ons is opgewonde om die romanties verlowing fotosessie van Nic & Lashaih met Mooi Troues se lesers te kan deel.
Nic en Lashaih het na jare se gebede mekaar in 2011 ontmoet by die Kaapstad Internasionale Lughawe. Hy het by die weiering hek gestaan met sy kitaar-tas in sy regterhand en sy skootrekenaar oor sy linkerskouer.
Nic het toe vir Lashaih plek gegee om voor hom te staan by die lughawe en op dáárdie oomblik het Lashaih geweet hy is die man vir haar. Op die bussie het Nic homself aan haar voorgestel en hulle het bietjie gesels en gegroet. Maar toe Lashaih haar weer kry staan hy langs haar sitplek op die vliegtuig en vra of hy nie langs haar kan sit nie. Die res is toe geskiedenis.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het op 8 Mei 2014 verloof geraak, presies drie jaar na ons ontmoet het. Ons moes daardie dag vir die ander een verras met iets spesiaals. Nic het verlof ingesit, en ons is toe na Langkloof Rose toe in Wellington. Na ons koppies tee in die Tea Room het ons op ‘n bankie gaan sit by die dam en gesels oor hoogtepunte in ons lewens vanaf ons mekaar ken. Na ons so ‘n rukkie gesels het het Nic opgestaan en voor my gekniel en ‘n boksie oopgemaak met ‘n asemrowende ring binne-in. Ek was aangenaam verras!
Beskryf julle droom troue?
Ons droom troue is om fees te vier saam met ons naastes by die prentjie-mooie Langkloof Rose. Ons harte is vir mense om iets te kan ervaar wat hulle harte en lewens sal seën. “We love because He first loved us. ” Ons glo dat die huwelik ‘n prentjie is van Jesus se verhouding met Sy Bruid, en in dit wil ons hê ons liefde vir mekaar moet dien as inspirasie vir ander.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nikkie Fivaz