Ons deel vandag Luhanie en Rigardt se verlowingsfoto’s met julle.
Die paartjie het mekaar toevallig die aand van Luhanie se matriekafskeid ontmoet. Dit was ‘n lieflike lente-aand op Stellenbosch. Wat begin het as ‘n loer kompetisie het toe uitgedraai in ‘n gesprek en ‘n koffie afspraak so paar dae later. ‘n Unieke geval van “the diamond in the rough”.
Die paartjie se verlowingsfoto’s is baie romanties. Hulle het gebruik gemaak van verskillende uitrustings, ‘n formele en meer gemaklike stel vir elk. Julle sal ook sien dat die foto’s tydens winter geneem is en dat die paartjie gebruik gemaak het van hulle omgewing om by te dra vir die tema van hul foto’s. Geniet die foto’s!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Cilliers Visser