As jy hou van koningsblou en goud, sal jy vandag se gestileerde fotosessie baie geniet. Sylvia van Special Events het vir ons die mooi gestileerde inspirasie bymekaar gesit vir jou troue. Dié inskrywing is tweede deel van ons vorige geel en grys fotosessie wat ook by die pragtige Slee Galery in Stellenbosch plaasgevind het.
Cinnamon Creations die skryfbehoeftes met ‘n wit en blou tema. Dit is spesiaal vir die fotosessie ontwerp. Ons dink dit skep ‘n baie mooi gevoel saam met die hele kombinasie van kleure en teksture. Die windpomp op die tafel gee ook daardie lekker plaas gevoel aan die gestileerde fotosessie en werk baie mooi met die res van die tafel se elemente. Bv. die mooi patroon bordjies en die goue borde op die tafel. Die outydse potjies en kershouers is goedjies wat baie van ons in die huis hê en van ons oumas kry. Dit kan jy ook nou by jou trou dekor implementeer en jou troue net so mooi maak soos dié gestileerde fotosessie. ‘n Ander element wat vir ons baie uitgestaan het op die tafel, is die Perspex eetgerei. Dit pas so mooi in by die hele tafel en gee ‘n moderne kontras.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Samantha Clifton Photogrpahy van Samantha Clifton Photography
- Skryfbehoeftes: Cinnamon Creations
- Blomme en Dekor: Special Events
- Venue: Slee Gallery
- Tafeldoeke: Tablecloth Hiring