Jandré en Su-Lize is albei groot natuur liefhebbers en het ook in die natuur verloof geraak. Jandré het een aand onder die die sterre, in Witsand die groot vraag gevra. Vir meer oor die paartjie se verlowing-storie, blaai na onder. Die paartjie trou op 4 April 2015 by Mooigelegen in die Oos-Vrystaat.
Dit is altyd lekker om paartjies se geluk te sien deur na hul foto’s te kyk en ook baie romanties. Wees, soos die paartjie, net jouself tydens die fotosessie en geniet dit om voor die kamera te wees.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het in die Oos-Vrystaatse dorpie, Reitz, ontmoet. Ek was daardie tyd in die handel bedryf betrokke en Su-lize was nog ’n student by die NWU-Puk. Ek was nog so besig met vriendelike, flink diens aan die kliënte toe ek met die eerste oogopslag twee keer moes kyk . Selfs myself ’n knyp ook gee om seker te maak ek droom nie. Daar staan hierdie mooie mens so sag op die oog. Dis waar ek haar vir die eerste keer waargeneem het. Sy het my in die kerk raak gesien met die musiek bediening, vandat ek haar by die handel raakgesien het, kon ek altyd loer waar sy was van die verhoog af. Ons het formeel ontmoet met ʼn handskut by een van die dorp se rugby wedstryde, wanneer almal na die tyd n kelkie geniet, min wetend dat die begin van groot dinge was.
Vertel ons bietjie meer oor julle verlowing:
Nuwe werksgeleenthede het gemaak dat ons vir ’n naweek Nylstroom toe was om na behuising te gaan kyk asook ’n nuwe voertuig, aangesien reis ’n integrale deel van my werk is. Ek het vir ons plek bespreek by Witsand se luukse vyf-ster tent-akkommodasie in ’n kloof waar die rivier deurloop. Sy was onder die indruk dat ons net na bokkies gaan kyk. Ná die privaat veld rit het ons vinnig gaan draai by die tent, die maan was groot en vol en het pragtig deur die bome geskyn as mens van onder af staar. Ek het haar gevra om die maan, so in sy prag deur die bome, af te neem op haar nuwe foon. Toe sy nog wou fokus om die maan op die foon te kry het ek met die ring die maan bekroon en haar daar gevra om met my te trou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ian Odendaal Photography