Gawie en Christi het ‘n bosveld-tema troue gehad en het hard gewerk aan hul selfdoen dekor. Die paartjie se troue sal definitief dien as goeie inspirasie sou jy graag jou troue self wil beplan en dekor wil doen. Gawie se ouers woon op ‘n plaas buite Ellisras, die klimaat en plantegroei van die omgewing sorg vir ‘n pragtige bosveld voorkoms. Gawie was al van Woensdag af op die plaas terwyl Christi nog moes werk tot Vrydagmiddag. Sy het toe direk na werk na die plaas gery. Toe Christi daar aankom vra Gawie haar om saam met hom land toe te ry, maar ry ‘n hele ompad lande toe en parkeer toe bo-op ‘n berg. Die paartjie het uitgeklim en die sonsondergang saam geniet en toe Christi omdraai is Gawie op sy knie en vra haar om te trou. Dit was ‘n prentjiemooi geleentheid in die bosveld, op ‘n berg met die sonsondergang in die agtergrond. Enige meisie se droom verlowing!
As julle na die paartjie se troufoto’s kyk sal julle sien die romanse het ook nie daar gestop nie. Dit is altyd vir ons ‘n plesier om so ‘n mooi selfdoen troue met ons lesers te deel.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Cindy Louwrens Fotografie
- Venue: Desiderata Gastehuis
- Trourok: Chiqwawa
- Troupak: Hilton Weiner
- Strooimeisies: Gelique
- Tafeldoeke en Servette: Dream Weddings & Events Décor Hire<
- Orkes: Pit Smit Boere Orkes
- Wynglase: Rina’s Rentals