Zerilda en Johnny het op die mees romantiese plek verloof geraak, by die Eiffel Tower in Parys. Zerilda was besig om haar hare mooi te maak vir ‘n foto, maar toe sy omdraai om na Johnny te soek was hy op sy knie en vra haar toe om te trou. Sy kon die trane nie keer nie en gelukkig was alles vasgevang op kamera.
Dié paartjie het by Cussonia, naby Pretoria, getrou en het omtrent ‘n lekker makietie gehad.
Wat het julle troue so spesiaal gemaak vir julle?
Die feit dat vir elke klein dingetjie wat kon gebeur het, van beplanning tot op die dag, was Johnny aan my sy. Hy het my ondersteun soos geen ander persoon sou kon! Óók die feit dat ek dit kon deel met die mense wat die naaste aan ons is, elke gas het iets al in ons lewens beteken en al ons gaste wat ons genooi het gekom het. Dít laat my baie spesiaal voel!
Raad vir ander paartjies:
Ontspan – alles gaan nie gebeur soos jy wil hê dit moet nie. Al gebeur dit nie só nie gaan, alles nogsteeds perfek wees. Dis jou en jou man se dag, vergeet van die klein goedjies, want julle twee se belofte aan mekaar op daai dag is baie belangriker as die DJ wat laat opdaag het en die verkeerde lied speel as jy in die kerk instap!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Stella Uys
- Rok: ChiqWawa
- Dekor: Cussonia Crest
- Videograaf: Romanza
- Platejoggie: DJ Manny (Black Lace)
- Skryfbehoeftes: Fraai Meraai
- Troukoek: Sugar Smith Cakes
- Venue : Cussonia Crest