Tyrone en Lizaan se troue is elke bruidpaartjie se droom troue. Ons het ons self vergaap aan hulle pragtige troue. Van die natuur tot die trou dekor was alles perfek gewees. Ons is mal oor plaas troues en lekker mooi troues waar jy kan sien dat almal hulle gate uit geniet het. Die paartjie se kleur palet het verskriklik mooi ingepas by die trou venue en die plekkie waar hulle getrou het. Hulle seremonie was onder die mooiste Dennebome in die middel van ‘n woud gewees wat ‘n sprokies effek skep. Daarna het die paartjie hulle fotosessie fotosessie in die ooptes van die pragtige plaas gehad. Dit is soos ‘n skoon doek en twee verliefde paartjies voor die kamera. Daarna het hulle terug gekeur na hulle mooie venue wat ‘n baie staalagtige gevoel het. Die lekker ding van die venue is dit laat jou tuis voel al is jy nie eens daar nie. Die mooi rou mure en sinkplaat bymekaar skep ‘n besonderse gevoel.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons vriendegroep het ‘n naweek weg na Prince’s Grant (Golf Estate) in KwaZulu- Natal gereël en min het ek geweet dat ons verloof gaan raak. Ons het by die Estate se swembad gekuier en dit het liggies begin drup. Skielik het almal verdwyn en Tyron het my met die gholfkarretjie na die hoogste putjie geneem waar jy oor die hele Estate en see uitkyk en my met ‘n verkyker laat kyk. Al ons pêlle het op die putjie se setperk (600m weg) gestaan met ‘n banier wat sê: Pomi trou met my? En Tyron het op sy knieg gesak en my gevra. Ons het dit saam almal op die strand gevier. Dit was so spesiaal.
Wat het julle troudag so spesiaal gemaak?
Die feit dat die dag uiteindelik aan gebreek het, het ons oorweldig en die hele setting was net perfek. Ons is ook mal oor die natuur en die bos-kerk het vir ons ‘n baie spesiale betekenis minder is meer. Ons is ook baie geseënd met wonderlike vriende en familie wat die dag saam ons gevier het en dit is wat essensieel ‘n troue maak!
Advies vir paartjies wat gaan trou:
Werk saam as ‘n span en kommunikeer gereeld met mekaar. Moet niks tot die nippertjie los nie, dit bring onnodige stres op die bruidspaar. En geniet die beplanning, dit gaan so gou verby.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Simonè Franzel Photography
- Trourok: Bridalwardrobe
- Bruidsmeisie rokkies: Ronel du Toit- Middelburg
- Strooijonkers: Urban Outfitters
- Venue: Florence Gaste Plaas
- Bruid en strooimeisies grimering: Frieda Nel
- Bruid en bruidsmeisies hare:Wild About Hair
- Uitnodigings: Save the date
- Blomme: Polkadots & Petals
- Dekor: Bruid, Bruid ma, Strooimeisies, tannie
- Troukoek: La-di-da
- Tafel naam bordjies/Menu’s: Simone Ebersohn
- Platejoggie: Hardus Vosloo
- Welkom Drankies vermaak: Christian Mostert
- Koerantjie: Sonika Strydom