Riaan het vir Anje een aand gevra om te trou, hy het baie kerse en lanterns in die buitelug gebruik om die atmosfeer lekker romanties te maak. Hulle het daardie aand, onder die sterre verloof geraak.
Anje beskryf dit as die ongelooflikste prentjie toe sy Riaan op sy knie voor haar sien. Van die paartjie se hoogte punte was die oomblik toe Anje se Pa haar inbring en hulle ook getrou het. Hul eerste dans was net so spesiaal gewees. Die paartjie se tema was โn kombinasie van oud en nuut, modern, maar klassiek.
Vir meer oor die paartjie se troue lees ons onderhoud met hulle, verder in die artikel.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons verlowing was perfek. Alles omtrent dit was haarfyn beplan. Dit het begin met โn beplande naweek weg. Min wetend, was Riaan besig om baie in die mou te voer. Van ouers vra met sy plastiek-diertjie lobola tot al die skelm reรซlings omtrent die naweek. 9 Aug 2013 is ons toe op pad na Galileo farm, Grabouw. โn Pragtige houthuisie wat omring is met die mooiste natuurskoon.
Terwyl ek besig was met voorbereiding vir aandete, en onder die indruk was dat Riaan besig is om vuur te maak. word ek eensklaps geblinddoek.
Met โn mooi gebaar word ek na buite gelei waar ek oorval word met die ongelooflikste prentjie. Die hele plek is gevul met kerse en lanterns en Riaan voor myโฆop sy knie. Uitgevat in โn swart aandpak en die nag- geluide soos musiek in ons ore.
Daar tussen die natuurskoon, bring die Here vir my, my grootste geskenk. Die man wat ek die res van my lewe mee gaan deel.
Wat het julle troudag so spesiaal gemaak?
Ons troue was alles waarvan ek as klein dogtertjie gedroom het. Ekโt regtig soos โn prinses gevoel wat op pad is na haar prins. Om my man daar voor die kansel te sien en te weet dat van vandag af gaan ek my lewe verewig en altyd met hom deel was die mees asemrowende gevoel in die wรชreld. Net dรกรกr in die paadjie, het ek weer besef hoe ongelooflik baie God ons seรซn, deur so kosbare dag vir ons te gee om saam met mekaar te deel.
Met ons eerste dans het dit gevoel of alles om ons stil staan en dat dit net ek en hy is. Dit was onbeskryflik.
Vir my was dit โn groot voorreg dat my pa my kon inbring en ons trou. Ons het ook die voorreg gehad om die gaste te vermaak met ons eie pa en dogter dans. Dit het begin met โn mooi langarm en oorgegaan in die alle bekende gangnam style. Dit het voorwaar die gaste saam met ons aan die dans en lag gehad.
Raad vir ander paartjies wat besig is om hulle troue te beplan?
My advies aan ander egpare is om regtig te probeer om die troue op video vas te lรช. Dis werklik so dat die aand verby vlieg en mens min inneem en onthou. Dit was so lekker om na die tyd die preek , toesprake en reaksies van die gaste te kon sien.
Onthou ook dat dit JOU troue is. Doen wat jou hart begeer en moet nie jou steur aan wat ander mense moontlik gaan dink of sรช nie. Meeste het reeds die kans gehad om hulle idees uit te leef en die res sal nog hulle kans kry. Dis jou geleentheid om jou droom en sprokie ten volle te leef. So leef dit.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Precious Moments
- Venue, dekor en blomme: Eensgezind
- Trourok en juwele: Didi Couture
- Hare en grimering: Madeleen Bridal
- Bruidsmeisie rokke: Marilize v/d Westhuizen Couture
- Bruid skoene: Anella
- Troukaartjie en koerantjie: Lezanneโs designs
- Macaroons: Mari Reinders van Nom Nom Nom