Just Jack het vandag se inskrywing vir ons lesers opgestel. Hierdié artikel verduidelik waarom dit belangrik is om ‘n tafelvoorskou te hê vóór jou groot dag.
‘n Troudag kan mens beskryf as ‘n legkaart wat jy stukkie vir stukkie bymekaar sit. Al die stukkies kom dan bymekaar om die groot eind produk te vorm. Een van die grootste legkaart stukkies is die blomme en dekor. Die belangrikheid van ‘n tafelvoorskou word nie altyd raakgesien nie. ‘n Bruid mag dalk ‘n volledige prentjie in gedagte hê, maar wanneer jy alles bymekaar sit en daarna kyk, mag dit dalk anders lyk.
Die beste advies is om ‘n tafelvoorskou te reël met jou bloemis, óf jou koördineerder. Indien moontlik, ontmoet by die onthaalsaal. Stel ‘n duplikaat tafel op soos wat dit op die troudag sal lyk.
Saam met dít, kan jy ook voorskou elemente soos die glase, borde, stoele, tafeldoeke en enige ander dekor elemente inbring. Al is dit net een tafel wat opgestel is, kan dit jou ‘n goeie idee gee van hoe dit gaan lyk op die dag van die troue.
Indien jy dieselfde dekor gebruik by byvoorbeeld die seremonie, sal dit ook vir jou ‘n goeie aanduiding gee van hoe dit daar sal lyk.
Die bruid is nie noodwendig op die dag van die troue daar om seker te maak sy is tevrede met hoe die blomme en dekor lyk nie. Omdat hierdie so ‘n omvattende element is, kan dit ‘n baie goeie idee wees om tyd hieraan te spandeer. Maak seker julle legkaart stukkies pas almal perfek bymekaar.
Foto: Gunther Schubert | Stilering deur Blank Canvas Event Design
Foto: Samantha Clifton Photography | Stilering deur Special Events
Diensverskaffers:
Artikel verskaf deur Just Jack