Maryka en Derrik het die mooiste plaastroue gehad by Imperfect Perfection.
Love and Grace was verantwoordelik vir die paartjie se oulike plaas-geïnspireerde dekor. Die kleurskema van hulle troue het bestaan uit koraal, turkoois en ander ligte kleure en was ʼn pragtige kombinasie met die venue.
Die outydse dekor en troumotor skep ‘n ou wêreldse gevoel en gee die troue baie persoonlikheid.
Baie dankie RDK Photography vir die pragtige foto’s.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het een Saterdag van VIP-klas by die huis gekom. Al die ligte in die huis was af en die hele huis was vol brandende kerse. Daardie aand het ons heerlike seekos geëet en daarna in die tuin, wat met liggies versier is gaan loop. Derrik het op een knie gegaan en my gevra om sy vrou te wees. Ek het “ja” geantwoord en ons het toe ʼn Chinese lantern aangesteek en in die lug laat opgaan.
Wat het julle troue so spesiaal gemaak?
Ek het met my, aantreklike, beste vriend getrou en kon dit met ons familie en vriende deel. Dit was ʼn weerspieëling van ons persoonlikhede. Een groot fees van liefde.
- Fotograaf: RDK Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Imperfect Perfection
- Dekor: Love & Grace Wedding and Event Decor