Ellene en Howard het ‘n besonderse mooi en spesiale troue gehad wat deur Lizelle Lotter afgeneem is.
Die paartjie het op 21 Februarie verloof geraak. Hulle was hier met vakansie vir twee weke van Engeland om vir Ellene se familie en vriende in Kaapstad te kom kuier.
Die paartjie het die middag ‘n bietjie gaan rondloop in die natuur en op ‘n rots gaan sit. Toe Ellene haar oë uitvee is Howard op sy knie met die mooiste ring in sy hand, wat hy self ontwerp het. Van daar af is alles, soos hulle sê, geskiedenis.
Die troue het uit baie detail bestaan, van geskenkies vir gaste tot die kleinste dekor, soos gom botteltjies, persoonlike melkboksies, om net ‘n paar te noem. Wanneer julle na die foto’s kyk sal julle ‘n plattelandse gevoel kry.
Wat het julle dag vir julle so spesiaal gemaak?
Ons hele dag was so spesiaal en ons het nie vir ‘n oomblik gestres dat ons troue, wat ek haarfyn beplan het, nie volgens plan gaan verloop nie. ‘n Paar van die dag se beste oomblikke…toe ek, Ellene, uit die trou kar klim, op die heuwel staan en afkyk na ‘n pragtige vallei met ons gaste op hooi bale. Dit was prentjiemooi en perfek. My pa se toespraak was ongelooflik en sy woorde sal ek nooit vergeet nie. Ons eerste dans (LOVE – Nat King Cole) was soveel pret en baie spesiaal. Die paar dansklasse was verseker die moeite werd.
Raad vir ander paartjies:
Beplan jou troue vroegtydig om enige stres nader aan die tyd te vermy. Dis belangrik dat jy en jou verloofde die week vóór die troue saam met vriende en familie geniet. Indien moontlik probeer om jou naaste net vir die nodige takies te gebruik. Hou jou span van helpers klein – dit voorkom ook baie stres. Bruidjies – maak seker jy het genoeg tyd die oggend voor jou troue. Dit is so ‘n spesiale tyd saam met die meisies en “it’s all about you” – dis iets wat jy net een keer gaan doen en dit is om asemrowend te lyk vir jou toekomstige aanstaande.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Koördinering: Kraak
- Fotograaf: Lizelle Lotter
- Spysenering: Stir
- Dekorasie en Blomme: My Pretty Vintage
- Band: Bottomless Coffee
- Platejoggie: Music to the Max
- Bedouin: Tentickle
- Trou Koek: Kanya Hunt
- Hare en Grimering: Alicia Buckle
- Rokke: Sanyukta Shrestha (London)