Ou tradisie is nou weer een van die gewildste trou tendens. Oud en nuut, met ‘n ietsie blou is van die elemente wat ons gebruik het as deel van ons gestileerde fotosessie vir SARIE Bruid Tydskrif.
Ons eie Günther Schubert, bekende fotograaf vir Televisie-programme soos Expresso Morning Show, Afternoon Express en Top Billing en ook ons eie redakteur van Mooi Troues, was die fotograaf en het saam gewerk met van die industrie se beste diensverskaffers vir die gestileerde fotosessie by die pragtige plaas, Kleinevalleij.
Die talentvolle Anli Wahl het die mooiste blommerangskikking gedoen en die skryfbehoeftes op die tafel is ontwerp deur Anzel van White Kite Studio. Chantelle Landman het die grimering en hare gedoen vir die paartjie en Vernette, ons model-bruidjie het een van Janita Toerien se trourokke gedra. Ignaz ons model-bruidegom was stileer deur die talentvolle Moi Styling.
Die stoele wat gebruik is in die fotosessie is beskikbaar vir huur by Exclusive Hire & Events en die tafels en ligte by Goeters. As jy inspirasie nodig het vir jou spesiale dag, moet jy beslis na die gestileerde fotosessie kyk.
- Tafels en Ligte: Baie Goeters
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Blomme: Anli Wahl Floral Design
- Rok: Janita Toerien
- Skryfbehoeftes: White Kite Studio
- Grimering en Hare: Chantelle Landman
- Bruidegom Stilering: Moi Styling
- Stoele: Exclusive Hire & Events
- Borde: Mervyn Gers Ceramics
- Venue: Kleinevalleij
- Modelle: Vernette & Ignaz