Jaco en Karien se platteland troue in die Vrystaat is definitief iets wat jy sal geniet om te lees en te kyk na. Hulle troue se kleurskema was geel met die ʼn helder koningsblou wat die perfekte kombinasie maak.
Ietsie spesiaal van die paartjie se troue is die storie agter die kerk in Parys waar hulle getrou het. Karien se oupa en ouma sowel as haar ma en pa het daar getrou.
As jy ʼn plaasmeisie is of ʼn stadsmeisie wat mal is oor die plaas-lewe sal jy die paartjie se platteland troue waardeer. Dit het plaasgevind op ʼn plaas met die styl van ʼn stadstroue. Hulle onthaal was gehou op hulle familieplaas in ʼn markiestent onder die sterre en reg langs die rivier.
Die paartjie het hulle troue as ʼn fees-kuier met lekker musiek en heerlike kos beskryf. Gaste wat die troue bygewoon het, het tot na middernag gekuier.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons liefde het na ʼn ontspanne Afrika vakansie begin blom. ʼn Jaar en twee maande later kuier ek by hom in die Vaalharts by Hartswater saam met my broer en skoonsus. Hy reël toe met ʼn goeie vriend van ons vir ʼn helikopterrit oor die pragtige vallei. Ek en hy spring eerste in en skaars in die lug vra hy my met die mooiste beloftes en ring om met hom te trou. My hart slaan toe ʼn paar keer bollemakiesie en toe kry ek genoeg asem vir die ja ! Na nog so twee sweefdraaie deur die blou lug land ons weer by hulle. En van iewers af, ek weet nou nog nie van waar nie, kom toe ʼn skinkbord met sjampanje te voorskyn !
Raad vir paartjies wat gaan trou:
- Kies ʼn tema vir jou troue wat die storie van julle liefde vertel.
- Dit maak jou troue heeltemal uniek. Ons tema was ʼn skapie [of dan skapies] omdat Jaco na ons Botswana toer vir my ʼn klein skapie in Afrika krale gegee het as geskenkie. Natuurlik het die skapie gepronk op ons troukoek se boonste laag. Ons het die tema gebruik heel van die begin met die troukaartjie, dwarsdeur al die verskillende ervarings van die troue, padlangs tot op die plaas en ook as deel van die dekor.; soms heel stylvol maar ander kere weer speels en so ʼn bietjie tong in die kies.
- Omdat ek baie lief is vir materiale en teksture het ek ook ʼn
- temalap gekies wat in die tent by verskillende fokuspunte gebruik is . Saam met ou geliefde en geleefde meubelstukke uit ons huis was die markiestent huislik en uniek met genoeg kuierplek onder die bome en in die bos langs die rivier.
- En die blomme vir die dag; vars en natuurlik en oral !
- Goeie en lekker musiek vir ʼn ontspanne atmosfeer is die sleutel tot die hele fees; saam hiermee natuurlik ʼn gesellige kostafel met kos wat jy weet jou gaste sal geniet.
- Probeer dinge self doen sonder om te veel stres op jou of die familie te laai.
- Kies ʼn fotograaf met wie julle gemaklik en net julleself kan wees.
- Hou alles informeel en gemaklik.
- Werk volgens ʼn begroting en bly daarby!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nanet Skead
- Videograaf: Gerald Skead
- Hare: Salon Bello
- Dekor: Karien & Karin
- Orkes : Sunset Grooves
- Platejoggie: CJ Entertainment
- Skryfbehoeftes: Canvas
- Spyseniering: Feasts&Flowers
- Trou Rok: Garnish
- Grimering: Blush make-up studio
- Venue : Riversong Farm