Veronica en Stephen het die mooiste troue gehad en die talentvolle Marli Koen het hulle spesiale dag vasgevang in foto’s. Die paartjie het onder die bome op ʼn pragtige plaas getrou in die Vrystaat. Plaas troues is baie in die mode en is elke meisie of jy van die stad is of die platteland is se droom om op ʼn plaas te trou soos Veronica en Stephen. Met ʼn windpomp, mooie plaas vlaktes, mooi velde en pragtige sonneblomme was helder en regop staan. Die paartjie se trou dekor is baie mooi en modern met ʼn baie minimalistiese en skoon gevoel. Die res van die dag het hulle met vriende en familie deurgebring en ʼn baie groot makietie gehad. As jy mal is oor mooi plaas troues, dan moet jy na die oulike trou foto’s loer.
Hoe het julle verloof geraak?
Stephan is nie iemand wat kan wag nie. Hy sukkel om geduldig te wees met dinge wat hy regtig wil hê. Ek neem aan ek was een van daai dinge.
Ek was een oggend net gese, ons gaan die naweek dam toe. Gariep dam in die Vrystaat. Die naweek was ‘n droom, saam-saam het ons die klein juweeltjies van die Vrystaat gedeel en waardeer.
Ons het die damwal gestap, en toe ons by een van die uitkyk punte stop kon ek sien die mannetjie haal bietjie vinnig asem.
Hy het stadig begin (hy bewe erg as hy op sy senuwees is). Hy het gepraat oor die son en die pragtige natuur skoon, en net daar in die middel van sy sin, en in die middel van die Vrystaat vra hy my om sy vrou te word.
Ek het hom nie laat wag nie, en dadelik ja gesê.
Wat het julle dag spesiaal gemaak?
Ons moes baie geduldig wees, want ons het lank gewag vir die dag. Ons was omtrent 3jaar verloof voor ons kon trou.
Die dag was pragtig, ongelooflik geseën met familie, vriende en ‘n heerlike fees atmosfeer.
Maar dit was die stil oomblikke met mekaar, die absolute verwondering in Stephan se oë en die beloftes wat die dag laat vlieg het.
Geduld het gemaak dat die oomblikke tussen ons gelaai was met gevoelens en opgehoopte opgewondenheid.
Ek en hy het ons geword, dit was die beste dag ooit!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Marli Koen
- Videograaf: Mari Geldenhuys
- Grimering en hare: Cara Botha
- Klank : Etron Bloemfontein
- Kos: Bronwyn