Ons deel vandag Joanie en Werner se oulike verlowing fotosessie. Joanie en Werner het mekaar vir die eerste keer ontmoet in 2010 net na die sokker Wêreldbeker deur gemeenskaplike vriende by ʼn eetplek in die Waterfront. Daarna het hulle mekaar eers heelwat later weer gesien by ʼn braai aan die einde van 2011. Hulle was vir lank net eers goeie vriende waartydens hulle mekaar beter leer ken het.
Joanie en Werner het op 29 Maart 2014 verloof geraak, by Saronsberg in Tulbagh. Dit was ʼn onvergeetlike naweek vertel die paartjie! Hulle het besluit om bietjie weg te gaan vir Werner se verjaarsdag. Werner het aangedring daarop dat alles rondom die naweek ʼn verrassing bly tot op die laaste oomblik, min het Joanie geweet wat die naweek vir haar inhou. Hulle het gaan wynproe die middag en toe pak Joanie haar kamera in om bietjie op Saronsberg foto’s te neem. Die son het begin sak en Joanie het afgebuk om ʼn foto te neem. Toe ek omdraai was Werner op sy knie om my te vra om te trou.
Die paartjie trou op 18 April 2015, op Kronenburg Estate, tussen Paarl en Wellington. Sien meer van hul oulike verlowing fotosessie hieronder.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Michelle Wiese