Jeane & Beate se pragtige buite-troue

Jean en Beate het by ʼn besonderse mooi wynlandgoed, getrou op ʼn helder, sonnige dag.  Mooi Troues se lesers sal meer hieronder sien van hul pragtige buite-troue.

Die bruidspaar het ʼn pragtige, sagte en baie neutrale kleurskema vir hulle troue gekies.  Hierdie soort tema lê klem op die paartjie, asook die omgewing waarin hulle getrou het.

Hulle het verloof geraak by dieselfde trouvenue toe hulle op ʼn langnaweek bietjie Kaap toe gegaan het.  Jy kan onder meer lees oor wat die paartjie se dag vir hulle so spesiaal gemaak het en glo my jy gaan ʼn sakdoek nodig hê om die trane uit jou oë te vee.

Ons is verskriklik opgewonde om Jean en Beate se spesiale dag met jou te deel. Onthou om nooit te veel te stres op jou troudag nie en om dit net te geniet.

Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0001 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0002 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0007 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0008 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0009 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0010 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0011 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0012 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0014 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0015 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0016 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0017 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0018 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0019

Hoe het julle verloof geraak?


Dit was een bitter koue someroggend. Ons het bietjie Kaap toe gegaan vir die langnaweek en ons wou dié oggend by Rhebokskloof Wine Estate, in die Paarl, ʼn draai gaan maak.  Wat ʼn prentjiemooi venue is dit toe nou nie, wow!

My kêrel (daai tyd) vra toe of ons nie eers ʼn entjie wil gaan stap nie.  Ons het geloop tot by die dam, waar ʼn ou houtbank gestaan het.  Tot my verbasing sien ek ʼn voëltjie, in sy nessie, op die dam dryf.  Ek haal vinnig my kamera uit om die arme dingetjie af te neem, skaars die knoppie gedruk en my kêrel is op sy knieë. Ek skrik so groot ek laat val amper die kamera!  Hy haal ʼn boksie uit … “My engel, jy is my alles en ek kan nie my lewe sonder jou in dink nie.  Ek belowe om vir die res van my lewe mooi na jou te kyk en vir jou te sorg. Ek sal jou bystaan deur al die moeilike en maklike tye. Sal jy asseblief my vrou wees?”  Natuurlik was dit ʼn “JA!”

Ons het terug geloop en ʼn mooi tafel met vonkelwyn en blomme het vir ons gewag.  Ons het sommer daar die venue geboek vir ons troue.

Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0020 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0021 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0022 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0023 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0024 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0025 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0026 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0027 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0028 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0029

Wat het jul troudag vir jou só spesiaal gemaak?


As mens terug dink na jou troue, is daar eenvoudig niks so spesiaal soos dit nie. Die onbeskryflike oorweldigende gevoel waarmee jy opstaan tot die oomblik wat jy jou rok aantrek. Die “walk down the isle” saam jou pa tot die bind van jou blomme deur jou ma. As jy jou man vir die eerste keer soen, die dansvloer open en jou pa die “Twist, YMCA en Butterfly kisses” saam met jou dans. Die feit dat jy met jou lewensmaat trou in die teenwoordigheid van ons Hemelse Pappa, voor al jou familie en vriende.

Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0030 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0031 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0032 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0033 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0034 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0035 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0036 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0037

Watter raad kan jul gee aan paartjies wat nog moet trou?


Dit is só onbeskryflike mooi dag, vol liefde en emosie.  Heel waarskynlik een van dié mees onwerklike dae wat ʼn werklikheid geword het. Net so opwindend soos wat dit klink kan dit ook baie stryery en argumente veroorsaak.  Vrouens, mans is nie soos jy nie, hy kan nie minder omgee oor die dekor, koek, geskenkies en blomme nie.

Gee vir hom die Platejoggie, beligting en wyn en jy sien hoe vinnige reël hy dit.  Sit elkeen se verpligtinge uiteen en maak seker dit word vroegtydig gedoen.  Moet nie wag tot op die nippertjie om goed te bespreek nie, jy sal nie glo hoeveel mense trou nie.  Skryf dadelik iets neer as jy daaraan dink, jy gaan dit vergeet.  Spaar, spaar en nogmaals spaar … jy sal nie glo hoeveel klein dingetjies kos nie.

Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0038 Beate & Jean soos gesien op www.mooitroues.co.za_0039

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Cheryl McEwan
  • Platejoggie: Byron Minnie
  • Musikant: Vaughan Gardner
  • Blomme en dekor: Antjie le Roux
  • Rok: DeLaVida Bridal Couture
  • Hare: Dianne van Loggerenber
  • Grimering: Renate Mentoor

[endsection]