Bourgogne en pers is die inspirasie-kleure vir vandag se stileerde trou inspirasie. Die fotosessie het by die pragtige Simondium Country Lodge plaasgevind.
Die onafgewerkte gevoel van die stal pas so mooi in by die tema van dié gestileerde trou inspirasie. Hierdie soort tema kan gebruik word vir beide winter óf lengte troues. Na vandag inskrywing kan julle wegspring met die beplanning van jul winter troue vir 2015.
Hannes van KRAAK was verantwoordelik vir die stilering, Mabel en Carin van DIE GIETER vir die blomme en Günther Schubert vir die neem van die foto’s. Ons sal aanbeveel dat hierdie soort donker kleurskemas gebruik word vir ʼn lekker plaastroue.
Dit is so maklik om eintlik by enige iets te gebruik. Solank dit inpas by die onthaalarea wat jy gekies het. Dit is ʼn maklike tema om self te skep en aanmekaar te sit. Gebruik uitgedroogde blomme, materiaal, outydse eetgerei en mooi helder rooi vrugte.
Chantelle van Chantelle Landman Grimering het weer model gespeel. Die rok wat sy dra kom van Ever After Gowns in Durbanville.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het. Met ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Venue en dekor: Poupaleis @ Simondium Country Lodge
- Blomme ontwerpers: Mabel en Carin van DIE GIETER
- Stilering en Koördinering: [kraak] Wedding and Event Coordination