Hierdie skoon, vars voorkoms van die model het ons oog gevang en ons kon nie ophou kyk nie. Die natuurlike tema, Pastel & Perd, is volmaak deur die gebruik van ʼn blomkrans en dieselfde blomme wat in dié krans voorkom is ook duidelik sigbaar in die ruiker.
Die model se grimering bestaan ook uit natuurlike, ligter skakerings, wat weer bydra tot die groter prentjie. Ons het dit al voorheen gesê en sal weer daarop klem lê; Dit is altyd ʼn beter idee om foto’s te neem vroeg in die oggend, tydens sonsopkoms, of laat middag, tydens sonsondergang. Soos julle kan sien in dié foto’s, wat laat middag geneem is, skep dit ʼn pragtige atmosfeer. Die lig val sagter op die model en die omstandighede is ook meer plesierig.
Die model Kayla was vergesel deur Rocco, die perd en die fotosessie het by Sankt Georg Stables in Brakpan plaasgevind.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lightburst Photography
- Hare: Daniela Baptista van Salon Chic
- Grimering: Melissa Teitge, Monique Pereira van Paint and Pout
- Blomme: Dearlove Event Floristry and Decor
- Rok: Desiree Wedding Connexion Boksburg
- Venue: Sankt Georg Stables
- Perd: Roco