Ons is geniet dit altyd om vir ons lesers nuwe en oorspronklike inspirasie idees te bring. Vandag wys ons julle ʼn pragtige gebrande oranje trou inspirasie. Hierdie gestileerde fotosessie het plaasgevind by Poupaleis by Simondium Country Lodge. ʼn Spesiale dankie aan Mabel en Carin vir die stilering en koördinering van die fotosessie. Hulle is die bekwame blomme ontwerpers van Die Gieter en [kraak] Wedding and Event Coordination.
Meer oor die gesiteerde fotosessie
Omdat warm skakerings, soos rooie en oranjes, baie oordonderend voorkom, is mense geneig om versigtig te wees om dit as kleurskemas te kies. Ons wys vir julle vandag hoe ʼn kombinasie van hierdie kleure gebruik kan word.
Probeer om rou en meer growwe teksture te gebruik. Dit sal ʼn baie meer organiese, plaas gevoel skep vir bruide wat van ʼn plaas-tema gebruik wil maak. Gebruik ook ander kleure wat goed pas by oranje, soos rooi en bruin, dit vergroot die kleurskema effe.
As jy nie ʼn ander kleur wil byvoeg nie, gebruik dan donkerder items, soos hout tafels, bakke en donker servette, soos dié op die tafel. Wees versigtig om te veel goed op die tafel sit, dit kan maklik die tafel deurmekaar laat lyk. Soos jy sal sien het ons meer eenvoudig gegaan met die tafel dekor en die blomme op die stoele se rugleunings geplaas om ʼn heeltemal ander en kreatiewe gevoel te skep.
Dit is onnodig om duisende rande aan blomme te spandeer, jy moet net slim en kreatief dink. Dit is waarom ons Die Gieter se dienste sal aanbeveel, hulle kom altyd met nuwe idees vorendag.
Ons model, Chantelle dra ʼn pragtige Trieste rok van White One by Pronovias wat beskikbaar is by Ever After Bridalwear in Durbanville. Die krans is gemaak deur Mabel en Carin. Dankie Günther Schubert vir die pragtige foto’s.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue en dekor: Poupaleis @ Simondium Country Lodge
- Blomme ontwerpers: Mabel en Carin van Die Gieter
- Stilering en Koördinering: [kraak] Wedding and Event Coordination