In die inskrywing deel ons met Mooi Troues se lesers Maryka en Derrick se skuur troue. Dié oulike paartjie het hulle troue by Imperfect Perfection gehou. ʼn Trou venue wat regte plaas gevoel vir gaste bied.
Na ʼn aand van heerlike seekos, geselligheid by kerslig en romanse in ʼn tuin vol van liggies het die twee verliefdes die knoop behoorlik deur gehaak. Hul groot fees van liefde kon hulle saam met familie en vriende deel, soos hulle dit wou gehad het.
Plaastroues word byna by die dag meer populêr, en waarom nie? Troues met hierdie soort tema maak interessante foto’s. Mooi Troues se lesers is gek oor ‘n oulike plaastroue.
As Maryka en Derrick voorstel vir ander paartjies kan maak, is dit om net in die oomblik te wees en dit te geniet. Dankie aan die talentvolle RDK Photography vir die pragtige foto’s van Maryka en Derrick se skuur troue.
- Fotograaf: RDK Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy internet konneksie het. ʼn Toestel wat gekonnekteer is tot aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Imperfect Perfection
- Dekor: Love & Grace Wedding and Event Decor