Ons deel met Mooi Troues se lesers Bennu en Nicole se liefdesverhaal en plaastroue. Hulle verlowing meer spesifiek, is iets heeltemal anders as die norm. Op ʼn dag wat dié paartjie by die huis kom besef hulle dat daar by hulle huis in gebreek is.
Al hul waardevolle besittings is weg, saam met dit ʼn troosring wat Bennu vir Nicole gegee het lank vóór hulle verloof geraak het. Gelukkig het Bennu die regte verloofring baie goed weggesteek en niemand sou dit kon vind nie. Bennu het toe onmiddellik die ring gaan haal en vir Nicole net dáár in die deurmekaar en gebroke huis gevra om met hom te trou.
Die paartjie het in Mei 2014 getrou om ʼn heerlike 32 grade dag en hulle familie en vriende het hulle dag ekstra spesiaal gemaak.
Bennu en Nicole se raad vir paartjies wat wil trou is die volgende:
Onthou dit gaan oor julle twee. Moet nie dat ander mense se benodighede in die pad kom van die besluite wat jy maak vir julle troudag nie. Dit gaan verskriklik vinnig verby en jy wil spesiale herinneringe hê van jou beplanning.
Rol af en geniet Bennu en Nicole se pragtige plaastroue.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Samantha Clifton Photography
- Blomme: Annies Flowers
- Rok: Ilse le Roux
- Pak: Suite Hire in Gants
- Platejoggie: Cape DJ’s
- Venue: Knorhoek Wine Farm
- Hare: Salon Elan