Tydens ʼn lugballon-rit met hul herdenking van 6 jaar saam het Rui vir Dominique sonder enige vermoede die ring uitgehaal en gesê: ‘dis vir jou”. Presies een jaar later op hul 7 jaar herdenking het hulle getrou by Serengenti Golf Estate!
Dominique en Rui het alles saam gedoen omtrent die troue wat hul troue sommer ekstra spesiaal gemaak het. Al waarvan hy nie geweet het nie was die trourok en dit is mos hoe dit moet wees. Onthou om altyd jou trourok ʼn geheim te hou. Maak seker jy verklap nie enige iets oor die ontwerp voor jou verloofde nie.
Twee dae voor die troue was haar trourok beskadig en moes hulle vinnig plan maak en ʼn ander trourok kry. Dan was dit nog die storie met die ruikers, daar was een te kort en moes hulle ook daar inspring en iets prakseer, dit was nie die laaste nie. By die kerk aangekom, gereed om in te loop val die kousband nog ook van haar been af!
Die res van die troue was perfek, nes hul dit wou hê.
Hul raad aan bruide is om net 15 minute net vir die twee van julle te vat en onthou hoekom julle daar is omdat geen liefde is soos julle sin nie en al die drama en malligheid was dit werd net sodat julle saam kan wees en jul padjie vorentoe kan begin!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Open Image Photography
- Venue: Serengenti Golf Estate