Marelize en Bredell het mekaar in die bekende studente dorpie, Stellenbosch, ontmoet na ‘n Varsity Cup rugby wedstryd op Coetzenburg.
Hulle het op 28 November 2013 verloof geraak op ‘n berg bo-op die plaas waar hulle gaan bly in die Cradock distrik. Bredell het haar verras toe hy op sy knieë gaan met ‘n draad hart ringetjie in sy hande. (Haar verloofring was nog in die proses om vervaardig te word). Die tweetjies het op 26 April 2014 die knoop deurgehak op ‘n plaas tussen die berge in Cradock.
Hul droom troue was om op ‘n plaas te trou omdat hulle albei plaaskinders is. Die troue het om 14:00 die middag begin en het tot die volgende môre aangehou. ‘Ons troue was meer as perfek en soos ʼn sprokies-troue gewees.’
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Jana Marnewick Photography