Werner en Megan se seremonie en onthaal het by die pragtige Cabrières in Montagu plaasgevind. Megan sê vir haar was die spesiaalste oomblik van haar troue dat sy met haar beste vriend gaan trou en dat hulle lewenspad nou saam begin.
As jy Werner en Megan se troue moet opsom, sal dit ‘n hegte familie en vriende byeenkoms vol liefde en pret wees. Ons kon nie ophou kyk na Megan se rok wat deur Ilse Roux ontwerp is nie. Dit is absoluut pragtig! ‘n Spesiale dankie aan Heather Steyn vir die mooiste foto’s van Werner en Megan se spesiale dag.
Diensverskaffers:
- Venue: Cabrieres Montagu
- Bloemiste: Jane Jordaan
- Dekor: Jane Jordaan
- Hare: Beautiful Obsession
- Grimering: Beautiful Obsession
- Videograaf: Back 2 Back
- Skryfbehoeftes: Easi Ads Melkbos
- Trou rok: Ilse Roux Bridal Wear
- Juweliersware: Ilse Roux Bridal Wear
- Koek: Wilma Verburg
- Fotograaf: Heather Steyn photography