Bruide hou van die idee van ‘n wit en swart kleurskema vir hul troue, dié twee kleure is immers elegant. Dit gebeur óók dat bruide soms versigtig is om die kleurskema te gebruik, omdat hulle bang is dit lyk nie stylvol genoeg nie.
Ons wys vandag vir jou hoe om ‘n wit en swart tema te gebruik, wat maklik is om bymekaar te sit, en nie oordonderend voor kom nie.
Mooi Troues het ‘n gestileerde fotosessie gehad by die bekende Nantes Landgoed in Paarl. Floyers in the Foyer het hul kreatiewe hand geleen vir die blomme, die pragtige swart borde is van Mervyn Gers en die plekmatjies, swart kersstaander en waterhouer is van Entrepo .
Die “minder, maar beter” tema is fantasties. Jy hoef nie duisende rande se versierings op een tafel te sit om dit mooi te laat lyk nie
Dankie aan Günther Schubert vir die foto’s.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Venue: Nantes Landgoed
- Blomme: Floyers in the Foyer
- Skryfbehoeftes: White Kite Studio
- Borde: Mervyn Gers
- Waterhouer, kersstaander en plekmatjies: Entrepo