Erik en Geneve se verlowingfoto’s is van die mooistes wat ons al gesien het, so spontaan en eg. Erik het Geveve die groot vraag gevra op ‘n seiljag op die Vaaldam, die 26ste Oktober 2013, hulle haak die knoop deur op 25 Mei 2014.
Dié paartjie se droom troue is om in die natuur te trou en dit is die rede waarom hulle by Oakfield plaas gaan trou en die dag vier in die teenwoordigheid van familie en vriende. Meeste van die dékor wat by die paartjie se troue gaan handgemaak wees deur Erik en Geneve.
Dankie Open Image Photography vir die pragtige foto’s.
Diensverskaffers:
Fotograaf: Open Image Photography