‘n Tendens wat deesdae al hoe meer gewild raak, is eko-vriendelike troues. Mooi Troues wys vir jou hoe jy ‘n maklike, maar baie elegante troue kan hou met groente, oudhede en ‘n natuurlike kleur palet.
Ons het saam met KRAAK koppe bymekaar gesit en ’n gestileerde fotosessie afgeneem by Tea under the Trees in die Paarl. Die foto’s is deur Günther Schubert geneem en die span van KRAAK het die tafel stilering en blomme vir die fotosessie gedoen. Ons eie bydraer vir grimering, Chantelle Landman, het die model, Rochelle, se grimering en hare gedoen. Maudre van KRAAK het sommer lekker vinnig die oulike groen kopstuk bymekaar gesit. Jy hoef nie altyd jouself te ooreis om iets dekoratief te kry nie. Op die ou einde gaan dit oor jou spesiale dag en die gedagte daar agter. Die tema is perfek vir die doen-dit-self bruid of jy kan altyd van KRAAK se dienste gebruik om die stres van jou skouers af te vat. Rochelle se pragtige rok is van Victor K.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Tafel Stilering: KRAAK
- Grimering: Chantelle Landman
- Venue: Tea under the Tree’s
- Meubels: Baie Goeters
- Rok: Victor K