Pieter het vir Colleen een middag gevra om te trou toe hulle in Skotland was. Dit was so romanties, en in die aande het hul na die sterre gekyk en by ‘n heerlike warm vuur hul knus gemaak en hul opgewonde liefde met mekaar gedeel.
Tussen die koppies en Kaapse fynbos van die pragtige Cederberge het dié twee besluit om hul pragtige boheemse, ontspanne en onvergeetlike troue te hou. Hulle het die plaas Nuwerust Rest Camp vir die hele naweek uitgehuur, waar meeste van hulle gaste ook oornag het.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Elaine Otto
- Onthaal: Nuwerust Rest Camp
- Hare & Grimering: Adrie’s