Baie min bruide gebruik oranje as hul primêre kleur vir hul troudag. Mooi Troues wys jou vandag hoe om dit te doen in ‘n stylvolle, moderne wyse wat jou gaste se monde sal laat oophang. Ons het die mooiste gestileerde fotosessie gehad by Nantes Landgoed tussen Paarl en Wellington.
Flamboijant het, soos gewoonlik, gesorg vir perfekte blommerangskikkings vir dié fotosessie. Hulle het óók vase en ‘n houtplank voorsien, wat direk by Flamboijant gehuur kan word. Die skryfbehoeftes is ontwerp deur White Kite Studio en die borde is van Mervyn Gers.
Die belangrikste ding om te onthou is om nie alles oranje te maak nie. Maak ook gebruik van ander kleure, dit sal die helder oranje bietjie breek. Oranje is ‘n baie sterk kleur en kan baie vinnig lelik lyk as dit nie reg gebruik word nie.
Gee aandag aan wat jy saam met dit wil gebruik, sit die kleure en teksture vóór jou troudag bymekaar om seker te maak dit pas.
Ons hoop julle geniet vandag se inspirasie-idee. Ons eie Günther Schubert het die pragtige foto’s geneem.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Venue: Nantes Landgoed
- Blomme: Flamboijant
- Blompotte: Flamboijant
- Tafeldoek: Tablecloth Hiring Company
- Borde: Mervyn Gers
- Skryfbehoeftes: White Kite Studio