Chantelle en Ernst het by Kleinplasie Country House getrou met die mooiste kleurskema. Dit is baie interessant hoe dié paartjie op hul kleurskema besluit het. Die inspirasie vir die plaas troue pienk het vanaf proteas gekom, die grysblou van die fynbos bruine en die groen van ʼn woestynrose.
Die paartjie het ook die oulikste verhaal om te vertel. Chantelle en Ernst woon in Kanada en wou baie graag ʼn eg Suid-Afrikaanse troue hou, wat dit vir hulle meer spesiaal gemaak het was om al die familie en vriende deel te kon maak van hul troue.
Chantelle se advies aan paartjies wat oorsee woon en dit oorweeg om hier te trou, maak gebruik van ʼn trou beplanner om van jou met van die reëlings te help.
Wat het jou troudag so spesiaal gemaak vir jou?
- Daar was bitter baie spesiale oomblikke op my en Ernst se groot dag, maar vir ons wat in Kanada woon was dit ongelooflik spesiaal om ons familie en vriende te kon hê by ons groot dag. ʼn Paar dinge wat ons dag ekstra spesiaal gemaak het:
- Die wyn op die tafels was van die twee wynplase waar ek en Ernst in SA gewerk het: Witwyn van Hermanuspietersfontein (E) en rooiwyn van Raka (C), en die vonkelwyn van Blue Mountain Winery in Kanada (waar ons albei tans werk)
- Die pragtige blomme en dekor in die saal is deur Flamboijant gedoen en die kerkie en kapel se dekor en blomme deur my ma, Marlene, met proteas en silwer bloekom van hul plaas buite Stanford. My ma het ook die pragtige vlaggies vir die saal gemaak. Die konfetti – sewejaartjies, en die gaste geskenkies vir die vrouens (heuning) was ook van hul plaas. Ernst se ma het gaste se plek aanwysings naamkaartjies in kalligrafie geskryf.
- My oupa wat die tafelgebed gedoen het (wat n voorreg.)
- Ons eerste dans – baie spesiale oomblik vir ons gewees op The Wedding Song (Angus & Julia Stone) dit was ‘n rustige dans en vir ‘n oomblik het dit gevoel of dit net ons twee in die saal is. Ernst se oupa (ook Ernst Jacobus Bruwer) het vir al vier sy kleinseuns ʼn unieke bottel wyn vir hul troudag nagelaat. Dit was ‘n groot oomblik toe dit deur Ernst se pa aan ons oorhandig is.
Beskryf jou troue in 10 woorde.
Ongelooflike spesiale dag met die kosbaarste mense in ons lewens.
Enige advies wat jy vir paartjies wat trou kan gee?
Spesifiek vir paartjies wat oorsee bly; delegeer, of oorweeg dit om ʼn trou beplanner te kry om jou te help. Ons sou aanvanklik als self reël, maar dit is nie altyd moontlik om alles per epos te reël nie. Ons het toe gebruik gemaak van Marle, Someday Soon Weddings. Deur haar kon ons ons eie stempel afdruk en seker maak alles word gereël en is in plek.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Kleinplasie Country House
- Grimering: Marize Louw Make-Up
- Hare: Dihona Griffiths
- Trou Beplanner: Someday Soon
- Fotograaf: Adele Kloppers
- Dekor en Blomme: Flamboijant
- Beligting: La Flor
- Binnehof se beligting: Bruid se Pa
- Platejoggie: Johann Mouton
- Troukar: Rowan van As
- Trourok: La’more Bridal Canada
- Skryfbehoefte: Bruid en Skooma
- Kos: Full of Taste
- Troukoek en nagereg tafel: Sweet Cakes