ʼn Troue met ʼn verskil. Jaco en Natasha se troue was soos ʼn hoofstuk uit ʼn sprokies verhaal. Natasha het, in plaas van in die paadjie afstap kansel toe, saam met haar pa in ʼn bootjie geroei na die seremonie. Dít is nie iets wat jy gereeld sien nie. Julle kan die vreugde op die paartjie se gesigte sien.
Natasha en Jaco het kaalvoet getrou wat óók ʼn eerste was vir ons om te sien, maar het perfek by hul tema ingepas. Alle strooi meisies, asook strooijonkers het baie deftig, tog gemaklik gelyk. ‘n Tema van sagte kleure was deurlopend sigbaar en hulle het van lekkertjies met verskillende kleure gebruik gemaak as dekorasie.
Wat het die troudag só spesiaal gemaak vir jou?
Vir my, Jaco, was dit om die mooiste bruid te hê en was dit so wonderlik om te weet die dag waarvoor ek gewag het is hier, dit het so onwerklik vir my gevoel.
Vir my, Natasha, was dit só spesiaal toe my pa my soos ‘n klein dogtertjie in die boot in help en ons twee vir oulaas in mekaar se geselskap kon wees, tot hy my vir Jaco gee. Elke oomblik op daai roeibootjie moes ek keer om nie al my grimering af te huil nie, en dan staar ek na my pa, wie se oë helder blou blink van die trane. Elke oomblik wat ek moes wag om Jaco se vrou te raak, het te lank gevoel en met elke roei wat my pa gee, het dit weer te naby gevoel.
Dit was so besonders om al die familie en vriende daar te hê, ook almal wat saam help tent opslaan het, om die vuur gekuier het, geswem lag en gelag het.
Enige advies wat jy vir paartjies, wat gaan trou, kan gee?
Dit is ‘n groot dag vir altwee van julle, en dit is ‘n baie spesiale, mooi dag, maar waarvan ‘n mens vergeet is, dat in hierdie ‘feeverhaal’ moet daar ‘n draai punt, of ‘n sleg punt ook wees. Soos in enige goeie fliek gebeur daar altyd iets sleg en dis tog wat die fliek wonderlik maak, of interessant. Wat ons hiermee bedoel is, julle gaan vas sit met mekaar of jul ouers of julle verskaffers, wat jou gaan laat voel die troue is nie wat jy verwag het nie, maar dis normaal en dit maak julle storie opwindend. Haal asem en geniet dit.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Adele Kloppers
- Venue: Suikerbossie Gasteplaas
- Grimering: Yolanda Basson
- Hare: Leana Joubert
- Dekor: @functions
- Tent: Tentations
- Rok: Susan Louw
- Bomme: Carrol Middlemin
- Koek: Ouma Liefie
- Tweede Fotograaf: Alexadra Graham
- Kaartjie ontwerp: Rolene Stemmet
- Videograaf: De Waal Visser
- Trou beplanner: Natasha Hunter
- Spit: Marius Botha
- Elektrisiteit: Danie Brandsen