Fotograaf Günther Schubert was agter die kamera tydens Joanie en Heinrich se Weskus verlowing fotosessie, waarna julle nou kyk. Die verliefde paartjie was bereid om dié oggend vroeg vars en vrolik te wees en mooi te lyk vir hulle verlowings foto’s. Alhoewel dit daardie oggend baie koud teen die Weskus was, was dié twee nie bang om in die reën te poseer, kaalvoet op die strand te loop of oor rotse te klouter nie.
Soos ons al van te vore verduidelik het, dit is altyd ʼn goeie idee om tydens skemer foto’s te neem, omdat die lig baie sag is en só ʼn romantiese atmosfeer skep. Die Weskus is ook die ideale plek vir foto’s, met sy unieke, woestynagtige plantegroei.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert