Robyn en Grant se romantiese troue het plaasgevind by Ashanti, in die hartjie van die Boland. Hierdie luuks en gesofistikeerde onthaal area is ideaal vir troufoto’s.
Robyn se advies aan paartjies wat hul troue beplan is om seker te maak dat hulle die regte diensverskaffers kies en soveel moontlik probeer delegeer. Só kan die bruid ander kry om haar te help, en die troue meer geniet saam met vriende en familie.
Adri Meyer het die elke spesiale oomblik daai dag afgeneem, en dit uitstekend gedoen. Die glimlagte op die gesigte van die gaste is ‘n duidelike bewyse dat hulle die troue net so baie soos die bruid en bruidegom geniet het. Robyn en Grant se troue kan deur middel van die volgende woorde beskryf word; asemrowend, pret, dans, familie en vriende, liefde, verrassings en sonskyn.
Wat het jou tou dag so spesiaal gemaak vir jou?
Dit is vir ons feitlik onmoontlik om een, of selfs twee goed uit te sonder wat ons dag so spesiaal gemaak het. Die feit dat dit een van die min geleenthede in ‘n mens se lewe is waar jou hele familie en al jou vriende bymekaar is, spesiaal om saam jou huwelik te vier, is ‘n ongelooflike gevoel.
Baie van ons familie en vriende het boonop van oorsee gereis om daar te wees vir ons. Die liefde wat ons met almal kon deel was vir ons ‘n baie groot voorreg. Ons was ook baie gelukkig met ons diensverskaffers – ons kon nie vir beter diens gevra het nie en die verhoudings wat ons daardeur geskep het, is vir ons baie spesiaal. Die dag het glad verloop, danksy die wonderlike hulp van Wanda Voigt en haar span by Ashanti. Ons foto’s deur, Adri Meyer is pragtig en die video opname deur Emdon (Julian) is uitstekend en bring baie herinneringe terug van ons wonderlike dag. Vir ons is dié besonderse spesiale dag ‘n weerkaatsing van ons liefde vir mekaar.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Adri Meyer
- Video: Emdon Video Productions
- Grimering: Corle Barnard
- Venue: Ashanti