Kleurvolle Valentynsdag piekniek. Dit is belangrik om te onthou dat Valentynsdag ‘n viering van liefde is, ‘n dag wanneer jy en jou maat kan terugkyk na jul verhouding en al die mooi dinge onthou. Daar is geen beter manier om jul liefde vir mekaar te vier as ‘n piekniek nie, soos die inspirasie agter vandag se fotosessie. ‘n Piekniek is gerieflik, intiem en bekostigbaar. Kitaar byderhand sal vir jou vernuf bied terwyl jy en jou geliefde piekniek in die sagte skemer lig. Ons deel vandag die eerste gestileerde fotosessie vir Mooi Troues en dit beteken baie vir ons. Flowers in the Foyer het ons met die pragtige blomme en stilering voorsien en die mooi glase is beskikbaar by Poetry. Baie dankie aan Checkers vir al die lekker kos en Sunelle van Showroom vir die stilering van die kos.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Gunther Schubert
- Kos: Checkers
- Blomme: Flowers in the Foyer
- Venue: Flowers in the Foyer
- Eetgerei: Sunelle van Showroom
- Kos stilis: Sunelle van Showroom
- Glase en borde: Poetry