Fotografie: Moira West Photographer: Bernard Bravenboer Photographer: Moira West
Elke bruid wil op haar mooiste lyk op haar trou dag. Om jou trou rok te kies is een van die mees stresvolste dinge vir enige bruid om te doen. Dit is nie net stresvol nie, maar ook ‘n baie emosionele deel van jou troue se beplannings proses, dit is die tyd wanneer jy besef dat dit regtig besig is om te gebeur.
Hou die volgende ingedagte om jou wanneer jy ‘n rok kies:
- Hoeveel wil jy spandeer, en dit sal jou help om te weet waar om te soek vir jou trourok.
- As jy iemand wil saam neem om jou te help met jou rok keuse, vat net een persoon saam ( indien moontlik ) te veel mense gaan jou deurmekaar maak.
- As jy jou rok laat maak, maak seker jy pas dit voor die tyd aan, dit lyk meeste van die tyd anders as wat jy gedink het dit gaan lyk.
- Kies ‘n rok wat gemaklik is en prakties vir jou is om te dra.
- As dit jou irriteer om ‘n ‘boob tube’ rok opgetrek, gaan dit jou net so irriteer op jou trou dag.
- Maak seker jy dra die regte onderklere, veral jou bra.
- Jy hoef nie noodwendig die areas van jou liggaam waarvan jy nie hou nie, heeltemal weg te steek nie, probeer net die aandag weg trek na die beste deel van jou liggaam.
- Vat die rok wat voel of dit jy is. Jy is die een wat jou rok die heel aand sal moet dra.
- Kies ‘n rok wat jou liggaam tipe komplimenteer. As dit reg gedoen word sal al jou beste bates beklemtoon word en al die goedjies wat jy nie wil beklemtoon hê nie sal weg gesteek wees.
Onder is ‘n voorbeeld van liggaam tipes.
Foto krediet: http://40plusstyle.com/how-to-determine-body-shape/
Voorbeelde van trou rokke ontwerp deur Adore Me:
Mermaid rokke is perfek vir uurglas figure asook driehoekige liggaam tipes.
Foto Krediet: Lings: Bernard Bravenboer | Regs: Moira West
Die A-lyn trou rok is perfek vir drie hoekige en reghoekige liggaam deel.
Die Koningryk styl rok werk perfek met driehoekige, reghoekige en appel liggaam tipes.
Fotografie: Moira West