Ons deel vandag met julle die super verliefde paartjie, Toni en Gerbrandt se pragtige verlowing fotoโs wat Lindy Kriek afgeneem het. Soos hulle se ล foto praat ล duisend woorde. Ons is absoluut verlief op Toni en Gerbrant se pragtige verlowing fotoโs van spierwit en pienk gemengde bloeisels tot oop landgoed en dan ล baie opgewekte en baie oulike kussing geveg met vere wat die hele plek vol vlieg. As dit na jou soort verliefde storie klink dan is die verlowing sessie inspirasie definitief vir jou bedoel. Ons kan nie meer klem daarop le dat jy net jou verlowing sessie moet geniet nie en wees net jouself.
Hoe het jul verloof geraak?
Gerbrandt het my heeltemal verras op sy verjaarsdag! Ek weet hy geniet nie aandag op sy verjaarsdag nie, dus het ek hom eenvoudig uitgeneem vir ete by een van ons gunsteling โagterstraatโ restaurantjies in Kaapstad. Daarna het ek gaan slaap, terwyl hy nog โgewerkโ het. Later maak hy my wakker met kerse oral in my woonstel. Hy is op sy knieรซ op my balkonโฆboksie in hand. Na โn paar mooi woorde, ล ja, ล paar trane en die mooiste brief, sit ons met ล glasie vonkelwyn en gesels oor ons opwindende toekoms. Intiem en perfek.
Wat is jul droom troue?
Ons is natuurmense en geheg aan ons familie en vriende. Dus het ons gehoop vir ล plekkie waar die natuur eintlik die dekor is, met genoeg plek vir baie gaste en ล dansvloer wat heel nag aan die gang kan bly. Die belangrikste is dat ons hierdie spesiale oomblik in ons lewens met ons vriende en familie kan deel.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lindy Kriek